Wêreld-vrouedag vir Gebed Saterdag in Windhoek herdenk

Wêreld-vrouedag van Gebed word internasionaal op 4 Maart gevier. Die Namibiese Raad van Kerke in Namibië sal dié dag op Saterdag 5 Maart by in Windhoek herdenk. Alle vroue en kerke word uitgenooi na die geleentheid wat by die Inner City Kerk in die hoofstad sal plaasvind. Vroue word uitgenooi om wit of tradisionele klere te dra. Fondse sal ingesamel word om Bybels vir skole en hospitale te koop. ‘n Organiseerder en vrywillige werker van die raad, Aletta !Noabes, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.