Drie sterf in Ethiopiese lugaanval in vlugtelingkamp

Die Verenigde Nasies sê ‘n Ethiopiese lugaanval op ‘n vlugtelingskamp in die noorde van Ethiopië se Tigray-streek getref. Drie Eritresiese vlugtelinge, insluitend twee kinders, is dood. Die aanval het die Mai Aini-vlugtelingkamp naby die suidelike dorp Mai Tsebri getref. Volgens internasionale nuusagentskappe is duisende mense reeds dood en miljoene ontwortel in die 14 maande lange oorlog tussen die federale regering en die Tigray People’s Liberation Front in die noorde. Daar is meer as 150 000 Eritresiese vlugtelinge in Ethiopië, wat weens die oorlog min of geen toegang het tot humanitêre hulp nie.