Twaalf Covid-sterfgevalle in vier distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 12 Covid-sterfgevalle in vier distrikte aangemeld, asook 547 nuwe gevalle uit 2 845 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 19,2 persent verteenwoordig. In die groep is 63 leerders, 17 gesondheidswerkers, tien studente en nege onderwysers. Daar is nou 14 511 aktiewe gevalle, waarvan 377 pasiënte in hospitale is en 35 in hoësorgeenhede. Altesaam 346 002 persone, 23 persent van die geteikende bevolking, is ten volle ingeënt.