Brandverslag van parlementsgebou uitgereik

Die Kaapstadse metro het ‘n verslag van sy brandweerdiens bekendgemaak oor die brand wat die parlementsgebou in die stad verwoes het. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle reik die verslag sonder enige bykomende kommentaar uit ter wille van deursigtigheid en vanweë die publiek se groot belangstelling in die voorval. Die verslag bevat inligting oor die parlementsgebou se brandblussers, branddeure en sprinkelstelsel, asook die optrede van die brandbestryders tydens die brand. Die verslag is op die metro se webwerf beskikbaar.