Drie SA spanne eindig onder top-12 in 8ste skof van Dakar

Motorsport: Die Suid-Afrikaners Henk Lategan en sy navigator, Brett Cummings, het vyfde geëindig in die agtste skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Hul Toyota-spanmaats, Giniel de Villiers en navigator Dennis Murphy, het negende geëindig. Die ander Suid-Afrikaners, Shameer Variawa, en navigator Danie Stassen het die 12de plek behaal. De Villiers en Murphy is tans sewende op die algehele ranglys. Die nege-malige wêreldtydrenkampioen, Sebastien Loeb, het algehele voorloper, Nasser al-Attiyah, se voorsprong met agt minute verklein. Mattias Ekstrom van Swede het die skof gewen in ‘n Audi-hibriedvoertuig.