SA motoris moet op eie onkoste voertuig uit see verwyder

‘n Motoris wie se motor by New Brighton-strand in Gqberha in die see beland het, is aangesê om die voertuig op eie koste te verwyder. ‘n Polisiewoordvoerder, André Beetge, sê die Nasionale Seereddingsinstituut en polisieduikers is Saterdag ontbied toe die motor gedeeltelik onder water was. Die bestuurder kon nie gevind word nie, maar hy is in Motherwell opgespoor nadat verskeie wenke opgevolg is.