Noorweë hef reisverbod op Namibië op

Die Noorweegse regering het sy reisverbod op Namibië en sewe ander Suider-Afrikaanse lande opgehef. Reisigers uit Namibië word dus nie meer verplig om met hul aankoms in Noorweë vir tien dae te isoleer nie. Die aankondiging geld ook vir reisigers uit Suid-Afrika, Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Lesotho, Eswatini en Malawi. Die rede vir die afskaffing van die verbod is omdat die Omikron-variant reeds in vele ander lande, waaronder Noorweë, voorkom. Covid-toetse is steeds verpligtend vir alle reisigers, ongeag hul inentingstatus of nasionaliteit, wat in die land aankom. Romeo Muyunda, die woordvoerder van die Namibiese toerismeministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die toerismesektor is afhanklik van buitelandse toeriste.