Drie konstabels vas wat buitelanders glo uitbuit

Drie polisiebeamptes is volgens die Teenkorrupsie-kommissie in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om buitelandse burgers uit te buit. Konstabels Erastus Hashipala, Gilbert Oweseb en Pinehas Ikanda van die Wanaheda-polisiekantoor in die hoofstad, het gister op korrupsieklagte in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Hulle het glo omkoopgeld van tussen 1 000 tot 3 000 Namibiese dollar van tien buitelanders geëis onder die valse voorwendsel dat hulle nie wettige dokumente het nie en hulle in hegtenis geneem sal word. Die drie bly in aanhouding en hul saak is tot 30 Maart uitgestel.