Tien Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het tien Covid-sterftes in ses distrikte aangemeld, asook 139 nuwe gevalle uit 1 263 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 11 persent verteenwoordig. In die groep is 18 leerders en vyf elk gesondheidswerkers en onderwysers. Daar is nou 9 870 aktiewe gevalle, waarvan 297 pasiënte in hospitale is en 34 in hoësorgeenhede. Altesaam 350 955 volwassenes is ten volle ingeënt.