China se posdiens moet internasionale posstukke ontsmet

China se posdiens het sy werkers aangesê om internasionale posstukke te ontsmet en die publiek ook gevra om bestellings uit die buiteland te beperk weens Covid-19. Die owerhede meen posstukke kan dalk die bron wees van onlangse uitbrekings van die virus in die land. Internasionale nuusagentskappe berig dat dit bewys dat China vasberade is om die virus uit te wis voor volgende maand se Winterspele. Verskeie kleiner uitbrekings die afgelope klompie weke, ook in Beijing, word as ‘n toets gesien vir die land se streng beleid om Covid-getalle tot nul te beperk.