Edinburgh looi die Sharks 21-5

Edinburgh het die Suid-Afrikaanse spanne se goeie rekord bederf in die jongste ronde van tuiswedstryde in die Verenigde Kampioenskap. Hulle het die Sharks gisteraand op Kingspark ‘n loesing van 21-5 gegee. Die Skotse span het twee drieë gedruk terwyl die Durbaniete nie een kon behaal nie. Die Bulle het hulle segetog voortgesit met ‘n 55-20 oorwinnning in hulle eerste ontmoeting ooit teen die Dragons van Wallis. Die Stormers het ‘n hewige aanslag van Ulster weerstaan voor hulle naelskraapse oorwinning van 23-20 oor die span van Noord-Ierland.