Dra môre swart teen geslagsgeweld

Die Thursdays In Black-veldtog wil bewusmaking skep vir ‘n wêreld sonder geweld en verkragting. Die veldtog is in die 1980’s deur die Wêreldraad vir Kerke gestig as ‘n vorm van protes teen geweld en verkragting. Dit doen ‘n beroep op plaaslike maatskappye en gemeenskappe om elke Donderdag swart te dra om slagoffers van geslagsgeweld te vereer. Charles Samakumba, medestigter van die White Ribbon-veldtog in Namibië vra dat almal môre swart dra om geslagsgeweld te takel.