Outa maan oor verhoogde eiendomsbelasting

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het ‘n waarskuwing aan Suid-Afrikaanse eiendoms-eienaars gerig om hulle voor te berei vir ‘n moontlike onaangename verrassing met hul munisipale rekenings weens verhoogde eiendomsbelasting. Dit volg nadat duisende eiendomseienaars in Ekurhuleni, Gauteng, onkant betrap is deur eiendomsbelasting wat in sommige gevalle met tot 2 000 persent verhoog is. Julius Kleynhans van Outa doen ‘n beroep op eiendomseienaars om te kyk of hul munisipaliteit se geraamde waarde vir hul eiendom akkuraat is en die waardasie te betwis indien nodig.