Donald Rumsfeld sterf

Die voormalige Amerikaanse minister van verdediging Donald Rumsfeld is oorlede op die ouderdom van 88. Rumsfeld is bekend vir sy standpunt oor die oorlog op terreur. Hy twee keer as minister van verdediging gedien, die laaste keer onder George W. Bush tydens die sogenaamde 9/11 aanval op die VSA. Na die inval in Irak in 2003, is daar geen wapens van massavernietiging gevind nie, wat die oorspronklike rede vir die inval was. Hy het as gevolg daarvan afgetree en terwyl hy sy aksies verdedig het meen talle kenners die uitdagings in die gebied van Irak kan op hom blameer word.