Spesiale Spele skop in Berlyn af

Die 16de uitgawe van die Wêreldspele het amptelik in Berlyn, Duitsland, begin. Ongeveer 7 000 Spesiale Olimpiese Spele-atlete van 190 lande neem deel, almal gretig om hul talente ten toon te stel en in 26 verskillende sportsoorte mee te ding. Die atlete sal ondersteuning ontvang van ‘n toegewyde span van meer as 3 000 afrigters en 20 000 vrywilligers, wat die gladde verloop van die Spele sal probeer verseker.