Djokovic kan ook nie raket swaai in Montreal

Novak Djokovic se inentingstatus beteken dat hy ook nie deel van die tennis-aksie by die komende ATP-toernooi in Montreal, Kanada, sal wees nie. Net soos in Amerika, moet reisigers wat Kanada wil besoek, ook kan bewys dat hulle teen Covid-19 ingeënt is. Eugene Lepierre, toernooi-organiseerder, het juis vroeër gesê die kans is skraal dat Djokovic toegelaat sal word in in Kanada af te slaan. Intussen is daar ‘n petisie van stapel gestuur wat eis dat die Serwiese tennisster toegelaat word om aan die Amerikaanse Ope deel te neem. Meer as 46 800 mense het dit al onderteken.