‘Dit was tyd om ‘n 20-jaarlange oorlog tot ‘n einde te bring’

Die Amerikaanse President Joe Biden het weer sy besluit om alle troepe te onttrek uit Afghanistan verdedig. Hy sê terrorisme kom oral in die wêreld voor en die VSA het nie in die plekke militêre vestings nie. Hy sê dit was tyd om ‘n 20-jaarlange oorlog te beëindig.