Onderhoude vir nuwe ombud aan die gang

Die onderhoude vir ‘n nuwe Namibiese ombud is op die oomblik aan die gang en is virtueel beskikbaar vir die publiek om te volg. Die paneel bestaan uit die hoofregter, Peter Shivute, sy adjunk Petrus Damaseb, die prokureur-generaal Festus Mbandeka, advokaat Vicki Erenstein Ya Toivo en dr. Sacky Akweenda. Die opening is deur professor John Baloro van Unam se Regskool gemaak.

Die drie kandidate is Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha. Herunga was eerste aan die beurt.