NamRa het kommer oor onwettige brandstof

Die Namibiese Inkomsteagentskap, NamRa is bekommerd oor die onwettige invoer van brandstof vanuit Angola. Die buurland se brandstof is baie goedkoper en verkoop teen 3 Namibiese dollar ‘n liter maar, dit is nie op Namibiese standaarde nie. Daar is ook kommer oor hoe die brandstof vervoer en geberg word. Die minister van myne en energie Tom Alweendo het ook onlangs uitgereik aan die Oshikango-gemeenskap in ‘n poging om die smokkel van Angolese brandstof onder beheer te bring. Die regering verloor ook belangrike inkomste in vir vorm van invoerbelasting en heffings wat van toepassing is op brandstof. Oor die algemeen is die grens in die Noorde van die land baie poreus en talle goedere, wat klere, kookolie en meel insluit, onwettig ingebring.