Dis net fase drie, blykbaar, vir nou, sê Eskom

Fase drie-beurtkrag sal daagliks in die buurland net ingestel word van vier-uur middae tot middernag, tot verdere kennisgewing. Eskom sê dit is te danke aan die verdere verbetering in die beskikbare opwekkingsvermoë. Woordvoerder Daphne Mokoena sê die kragverskaffer werk daaraan om opwekkingseenhede weer in diens te stel. Sy sê 16 056 megawatt se opwekkingsvermoë is tans nie beskikbaar nie: