Hulde aan legendariese joernalis Eusebius

Familie, vriende en kollegas het die bekende joernalis en uitsaaier Eusebius McKaiser onthou as ‘n man wat die heel beste verwag het in alles wat hy aangepak het. Sy gedenkdiens is in Parktown, Johannesburg, gehou. McKaiser is verlede Dinsdag in die ouderdom van 45 oorlede, vermoedelik weens ‘n epileptiese aanval. Die bekende Suid-Afrikaanse joernalis, Karyn Maughan, het hom beskryf as ‘n beginselvaste joernalis wat nooit weggeskram het van die waarheid nie: