‘Dis beter om te gee as om te ontvang’

Saam met verskeie borge wat Pep Namibië, Spar Namibië en Cosmo Kids insluit, het die bekende Mufaro Nesongano sy verjaardag by die SOS Kinderhuis in die hoofstad herdenk. Die weeshuis, met sowat 100 kinders, is bederf met geskenke en benodighede. Nesongano sê dis beter om te gee as om te ontvang.