Was die moratorium op nuwe voertuie dan net ‘n leuen?

Reaksie word ontvang op die ommekeer wat President Hage Geingob se regering gemaak het op die aankoop van nuwe voertuie. Geingob het in Mei 2020 ‘n moratorium op die aankoop van nuwe voertuie geplaas, vir vyf jaar tot 2025, maar, elke jaar was daar ‘n begroting daarvoor en vanjaar staan dit op 52 miljoen Namibiese dollar, 643 persent meer as verlede jaar. Geingob is wyd geloof vir die aankondiging. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah, het sy mening so verwoord.