Diereregte-aktiviste hoop robslagtings duur nie voort

Dit gaan goed met die robbe langs Namibiese kusgebiede, nadat dit die tweede jaar is wat robwelpies nie doodgeslaan word nie. Die Covid-pandemie het ook hierdie praktyk tot stilstand gebring. Sekere diereregte-aktiviste hoop dat dié omstrede praktyk nie weer gaan plaasvind nie. Die marienebioloog van Ocean Conservation Namibia, Naude Dreyer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die robbevolking is in ‘n goeie toestand.