Oudgoeweneur van Kunene reageer op laat betaling van werkers se salarisse

Die voormalige goewerneur van die Kunene-streek, Dudu Murorwa, het gereageer op die streeksraad wat uiteindelik sy werknemers se salarisse vir Desember 2021 betaal het. Sowat 120 werknemers en drie streekraadslede moes vir byna drie weke wag om hul agterstallige salarisse te ontvang. Die salarisbetalings volg uiteindelik ná ‘n uitgerekte vergadering Donderdag op Opuwo. Dit volg na die heraanstelling van George Kamseb as hoofstreeksbeampte wat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling in die hof uitdaag. Kamseb, wat blykbaar die enigste een is wat die betalings kan doen, is deur die ministerie verbied om enige pligte uit te voer, maar die ministerie sê die eintlike rede vir die vertraging is ‘n beslissing deur die raad wat op 14 Desember gedoen is om nie salarisse te betaal nie, as gevolg van die ministerie se aksie teen Kamseb. Murorwa gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.

Hy het ook gesê dit lyk meer na politieke heksejag.