Die wêreld se grootste vaartuig wat gebruik word om diamante uit die see te haal onderweg na Namibië

Die wêreld se grootste vaartuig wat gebruik word om diamante uit die see te haal gaan
na verwagting teen die einde van volgende week in Kaapstad vasmeer. Toerusting om
diamante te myn gaan geïnstalleer word voordat die vaartuig na Namibië vertrek. Die
nuwe aankope van Debmarine Namibia het ‘n maand gelede uit Roemenië vertrek. Dit
is deur Damen Shipyards Mangalia gebou en die projek is deur De Beers Marine South
Africa bestuur. Die vaartuig sal na verwagting minstens 30 jaar in bedryf wees.