Carl Niehaus dien klagte teen ANC in

Die geskorste ANC-lid, Carl Niehaus, het ‘n kort ruk gelede strafregtelike klagtes
namens die werknemers van die ANC by die Johannesburgse Sentrale Polisiekantoor
ingedien. Volgens berigte hou die saak verband met die feit dat die party versuim het om sy
werkers se Werkloosheidsversekeringsfonds oor te betaal nie. Niehaus is verlede Donderdag uit die ANC geskors.