Die Suid-Afrikaanse presidensie neem kennis van persepsies oor korrupsie

Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê hy neem kennis van mediaberigte oor
Afrobarometer se peiling van die publiek se persepsies oor korrupsie in die samelewing
van die buurland. Die peiling onthul dat 64-persent van Suid-Afrikaners dink korrupsie
het die afgelope drie jaar van president Cyril Ramaphosa se ampstermyn vererger. Die
Presidensie sê Ramaphosa het verskeie beslissende stappe gedoen om staatskaping
te beëindig, korrupsie te beveg en verswakte openbare instellings te herbou. Dit sluit in
die vervanging van direksies en die uitvoerende bestuur van verskeie gekaapte
staatsbeheerde instellings asook ‘n kommissie van ondersoek na die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens.