Lauren Dickason bly in aanhouding nadat sy vanoggend in die hof verskyn het

Die Suid-Afrikaanse mediese doker,Lauren Dickason, wat ‘n tyd gelede saam met haar
gesin na Nieu-Seeland verhuis het, is in die land aangekla vir die moord op haar drie
dogtertjies, Liane 6 en die tweeling, Maya en Karla wat 2 jaar oud was. Sy het
vanoggend in die Timaru-distrikshof verskyn waar sy tot die vyfde van volgende maand
in ‘n veilige forensiese geestesgesondheidseenheid in aanhouding sal bly. Haar man,
die ortopedise chirurg, Graham Dickason, het die kinders in hulle nuwe huis dood
aangetref.