Namibiese toerismesektor geskok oor die bedanking van Maureen Posthuma

Die Namibiese toerismesektor het met skok gereageer op die skielike bedanking van die Namibië Toerismeraad se hoof van bestemmingsbemarking, Maureen Posthuma. Sy is in 1991 deur die Namibiese toerismeministerie aangestel om Namibië as toerismebestemming in die buiteland te bemark. Die uitvoerende hoof van die toerismeraad, Digu Naobeb, sê sedert Posthuma by NTB begin het, het bestemmingsbemarking ‘n 360 grade ommekeer gemaak. Die voorsitter van die Namibië Toer- en Safarivereniging, Nathaly Ahrens, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is baie hartseer om Posthuma in die toerismebedryf te verloor.