Die spoorlyn in die suide behoort Maandag weer operasioneel te wees na gister se ontsporing

Opruimingswerk is steeds aan die gang nadat ‘n trein wat mangaan vervoer het, gister tussen Luderitz en Ariamsvlei ontspoor het. Niemand is ernstig beseer nie.Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ‘n lokomotief met vier waens het ontspoor. Volgens haar behoort die spoorlyn teen Maandag weer operasioneel wees.