Covid-19 infeksies in Suid-Afrika neem af

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika bevestig Covid-19 infeksies is blykbaar aan die afneem in die buurland. Die instituut het gister vyf-duisend-885 nuwe gevalle aangeteken. ‘n Verdere 281 Covid-19 verwante sterftes is aangemeld. Dit bring die getal sterftes op 84-duisend-608 te staan. Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal, met die Wes-Kaap kort op sy hakke met 22-persent nuwe gevalle. Daarna volg die Oos-Kaap met 16-persent, die Vrystaat met 11-persent en Gauteng met nege-persent. Noordwes, die Noord-Kaap, Mpumalanga en Limpopo het elk minder as sewe-persent van die buurland se jongste gevalle.