Die Namibiese Weermag ontplooi patrolliebote langs die Choberivier

Die Namibiese Weermag het vlootpatrolliebote langs die Choberivier in die Zambezi-streek ontplooi. Dit is deur die goewerneur van die streek, Lawrence Sampofu bevestig en hierdie stap is deur die Namibian Lives Matter-beweging verwelkom. Die ontplooiing van vlootpatrollies kom nege maande nadat die Nchindo-broers en hul neef deur die weermag van Botswana doodgeskiet is, wat tot protesoptrede gelei het. Sinvula Mudabeti, een van die leiers van Namibian Lives Matter, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.