Nog 215 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 215 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig. Gobabis het 76, Oshakati 25, Outapi 23, Eenhana 13 en Windhoek 12. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 2 474 aktiewe gevalle, met 118 763 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 124 618. Die totale aantal sterftes is tans 3 370. Daar is 209 622 mense wat reeds een dosis entstof ontvang het, terwyl 108 914 reeds ten volle ingeënt is. Die herstelkoers is 95%.