Die As: Engeland kom nie die mas op nie

Engeland kon weer nie die mas opkom op die derde aand van die tweede toets om die As in Adelaide nie. Die besoekers is vir 236 uitgeboul in antwoord op Australië se verklaarde 473 vir nege. Die aflos-kaptein van Australië, Steve Smith, het nie die opvolgbeurt afgedwing nie. Australië het vandag hervat op 45 vir een nadat David Warner uitgehardloop is vir 13. Marcus Harris is gou uitgehaal vir 23 en Michael Neser vir drie. Smith moes terugstap met sy telling op ses en ‘n rukkie gelede het Australië 112 vir vier gehad, ‘n voorsprong van 349.