15 sterf in gasontploffing in Karachi

Ten minste 15 mense is dood in ‘n kragtige gasontploffing in ‘n rioolstelsel in Karachi in die suide van Pakistan. Ten minste drie van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand en verskeie is in hoësorg-eenhede in die hospitaal. Volgens die polisie is die ontploffing waarskynlik veroorsaak deur gas wat in die rioolpype onder ‘n bankgebou in die Shershah woonbuurt opgebou het. Dis nog nie duidelik wat die gas laat ontplof het nie en ‘n span ontploffings-deskundiges ondersoek die saak.