Klimaat: boere sal moet inheemse rasse by kudde inteel

Voorspellings vir Namibië se beesbedryf is verdoemend met klimaatsverandering wat volgens die jongste navorsing die gebied waarin bees mee geboer kan word baie sal laat inkrimp. Droeër en warmer toestande sal volgens kenners die drakrag van tradisionele beesgebiede verminder met swakker weiding en minder water. Oor die algemeen verkies Namibiese produsente groter rasse wat meer uitslag maar, kenners meen nou dat inheemse rasse soos die Nguni en Afrikaner meer gehard is en boere moet die rasse gebruik vir kruisteling om hulle kudde te versterk vir toestande in die toekoms. Daar is reeds verskeie navorsingsprojekte in die verband in Suid-Afrika, veral met die gebruik van die Nguni-ras.