Die ANC-staatmakers, Walter en Albertina Sisulu, se kleinseun word beskryf as slim.

Die ANC-staatmakers, Walter en Albertina Sisulu, se kleinseun wat die naweek aan Covid-19 dood is, word beskryf as ‘n slim sake-eienaar wat belange in mynbou, eiendom en die media gehad het. Die 41-jarige Moyikwa Sisulu was die seun van die Sisulu-egpaar se seun, Zwelakhe. Hy is vroeër hierdie maand met die koronavirus gediagnoseer en het in ‘n kliniek in Johannesburg gesterf. Sy lewensmaat, Aisha Jacobs, het ook die siekte opgedoen kort nadat die egpaar se baba gebore is. Die familie sê ‘n digitale gedenkboek is van vandag af beskikbaar.