Kommer oor Noord-Korea weer kernwapens vervaardig

Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê dit lyk asof Noord-Korea vir die eerste keer sedert Desember 2018 weer begin met bedrywighede by ‘n kragaanleg wat plutonium vir kernwapens kan vervaardig. Die Verenigde Nasies se kernwaghond sê in sy jongste jaarverslag bewyse hiervan is vroeg verlede maand waargeneem en dit is ‘n bron van ernstige kommer. Die verslag sê die voortsetting van Noord-Korea se kernprogram is ‘n duidelike skending van die VN-Veiligheidsraad se besluite. Die kragaanleg word gebruik vir die vervaardiging van kernbrandstof.