Kommer oor waterbeperkings in Gauteng se impak op gesondheidsgeriewe

Namate waterbeperkings in Gauteng voortduur, neem kommer toe oor die uitwerking hiervan op gesondheidsgeriewe. Rand Water het ‘n 20 persent waterbeperking in die hele provinsie ingestel as gevolg van ‘n groot aanvraag en lae aanbod. Sekere gebiede is al amper ‘n week sonder water en daar is tans geen aanduiding wanneer dit herstel sal word nie. Die DA se woordvoerder, Jack Bloom, sê hospitale sal nie behoorlik vir pasiënte kan sorg nie.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *