Die ANC het misluk – Saftu

Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê ten spyte van retoriek oor ‘n beter lewe vir almal, het die ANC nie net daarmee misluk nie, maar is ook verbind tot ‘n neo-liberale pad wat tot ongelykheid en korrupsie gelei het. Die vakbond se uitgebreide bestuurskomitee van die werkersklasberaad het besluit om dié beraad Vrydag saam te roep. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle sal ‘n strydplan saamstel teen stygende lewenskoste, werkloosheid, misdaad en klimaatsverandering: