Duitse LP bedank na hy voordeel uit Covid-maskerkontrakte trek

‘n Duitse parlementslid van die afgetrede kanselier Angela Merkel se party gaan bedank oor ‘n skandaal dat hy voordeel getrek het uit aankope van Covid-19-gesigsmaskers. Nikolas Löbel is gekritiseer deur lede van sy eie middel-regse Christelike Demokratiese Unie na verlede week se bewerings. Daar word aangevoer ‘n maatskappy wat Löbel bestuur, het kommissie van meer as 4 miljoen Namibiese dollar ontvang vir onderhandelings oor gesigmasker-kontrakte tussen vervaardigers en die Duitse owerhede. Hy sê hy het ‘n fout gemaak en moes meer sensitief gewees het.