Die All Blacks nou die wêreld se nuwe nommer-een-span

Rugby: Die All Blacks gaan die wêreld se nuwe nommer-een-span wees wanneer die ranglys môre amptelik bekend gemaak word. Nieu-Seeland se oortuigende oorwinning van 36-13 oor Argentinië gister, beteken hulle skuif vir die eerste keer in twee jaar verby die huidige kampioene, die Springbokke, wat met 30-17 teen Australië verloor het.