Zuma gooi nie tou op nie en wil nou ‘n ander hof nader.

Die Jacob Zuma-stigting het aangekondig die voormalige president gaan sy stryd om sy tronkstraf tersyde te stel na die Afrika-Hof vir Menseregte in Tanzanië neem. Die Konstitusionele Hof het Vrydag beslis Zuma het misluk om te bewys hoekom sy vonnis van 15-maande vir minagting van die hof tersyde gestel moet word. Hy het ‘n vorige hofbevel geïgnoreer om voor die staatskapingskommissie te getuig. Mediese parool is intussen aan Zuma toegestaan. Die stigting sê sy regsverteenwoordigers is besig met voorbereidings om binnekort die Afrika-Hof te nader.