Die 2021 hokkie seisoen loop die naweek ten einde

Die Namibiese Hokkie-unie Bank Windhoek buitenshuise liga vir 2021 se seisoen kom hierdie naweek tot ‘n einde met opwindende wedstryde. Sommige wedstryde is gisteraand gespeel met die laaste wedstryde wat vanaand by die Wanderers-hokkieveld gespeel sal word. Die sekretaris van die unie, Jens Unterlerchner sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die liga volgende jaar vroeër as vanjaar gaan afskop.