Kommer oor Suid-Afrika se jongste misdaadstatistiek

Die Suid-Afrikaanse Polisie- en Gevangenisse-Burgerregte Unie oftewel Popcru sê die buurland se misdaadstatistieke is ontstellend. Die woordvoerder van Popcru, Richard Mamabolo, sê die onrus in Julie in Gauteng en KwaZulu-Natal het ‘n groot rol gespeel in die toename van misdaad in Suid-Afrika. Hy sê ten minste 23 polisiebeamptes is tussen Junie en September vermoor en meer hulp moet in hoërisiko-gebiede ontplooi word. Die land se minister van Polisie, Bheki Cele, het die tweede kwartaal van 2021/22 se misdaadstatistieke bekend gemaak.