Denemarke huur tronkselle by Kosovo

Denemarke het ‘n ooreenkoms aangegaan om 300 selle in gevangenisse in Kosovo te huur om oorbevolking in tronke in die Skandinawiese land teen te werk. Die aanvanklike ooreenkoms duur vyf jaar. Kopenhagen sal jaarliks 270 miljoen Nambiese dollar huur betaal. Die gevangenes wat na Kosovo gestuur sal word, is buitelanders wat wag op deportasie nadat hulle hul vonnisse uitgedien het. Denemarke se tronkbevolking het van 2015 af met byna 20 persent opgeskiet. Die aantal bewaarders het teen dieselfde persentasie afgeneem, wat aanleiding gegee het tot die oorbevolking.