Minder geld word die feesseisoen bestee

Die ekonomiese uitdagings wat in die streek ervaar word as gevolg van die pandemie, word volgens berigte gereflekteer in besteding oor die vakansie tydperk. Die hoofbestuurder en mede-stigter van die digitale betalingsverskaffer Ozow, Thomas Pays, sê Suid-Afrikaners verkies dié feesseisoen om aanlyn inkopies te doen. En selfs met aanlyn-aankope, bestee hulle baie minder geld as in enige ander jaar. Pays sê dit kan toegeskryf word aan leë beursies weens die pandemie. Omdat mense nou meer aanlyn koop, maak kettingswinkels gebruik van nuwe bemarkingstrategië.