3 gevang met 2 beeskarkasse in Corolla

Die uitdagings in verband met veediefstal duur voort. Drie verdagtes is Woensdag by Seeis in ‘n Toyota Corolla aangetref met twee beeskarkasse in die voertuig. Dit wil voorkom asof die vee tussen Omitara en Gobabis gesteel en geslag is. Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het onlangs gesê net meer as 3 000 gevalle is sedert 2018 aangemeld en boere het hierdie jaar hulle hande vol gehad in die verband. Verskeie vergaderings is ook met owerhede gereël om die kwessie, sowel as stropery, aan te spreek.