Demokrate kritiseer uitgerekte verkiesing van speaker

‘n Verteenwoordiger van die Demokrate, Veronica Escobar, sê die uitgerekte verkiesing van die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, dui daarop dat die Republikeine nie in ‘n posisie is om te regeer nie. Die Republikein Kevin McCarthy is na ‘n stemproses wat oor vier dae gestrek het, verkies tot speaker van dié huis. McCarthy se oorwinning in die 15 stemronde het ‘n einde gebring aan die langste dooiepunt oor ‘n speaker in meer as 150 jaar. Die dooiepunt het beteken dat kongreslede nie ingehuldig kon word nie, en die wetgewer gevolglik nie sy pligte kon uitvoer nie. Die Speaker is verantwoordelik vir die huis se agenda en het ‘n oorsigtelike rol oor wetgewende aangeleenthede.